(D)

1. Wyk tans, o wêreld, uit my oog met al jou skynbekoring!
Ek hef my hart tot God omhoog, en wag op sy verhoring.

2. Hoeseer die sonde van my hart voor Christus heil'ge oë
my ook vervul met rou en smart, my troos sy mededo&#
235.

3. Van skuldvergewing spreek u bloed, my Heiland en my Koning;
U reinig my onrein gemoed,
maak in my hart u woning.

4. Ek hoor, o Heer, u liefdetaal, en sou ek dan nie nader?
U roep my tot u Awendmaal - in U is God my Vader.

5. Ons hart dank U by wyn en brood, ons in die hand gegewe,
gedagtig aan u offerdood,
vir ons die bron van lewe.

6. Om soveel heil, vir ons bereid deur u onpeilb're smarte,
wy ons vir tyd en ewigheid aan U ons dankb're harte!