(G/F)
1. Heil'ge God, voor wie steeds waarheid, reinheid van ons harte geld;
uit U straal daar louter klaarheid,
soos van sonne ongeteld.
Laat u heiligheid, o Heer, onse harte meer en meer tog bestraal in mededoë en ons heilig in u oë!
2. Heilig is, o God, u wese, reiner as die sonnelig;
eng'le selfs in heil'ge vrese
dek voor U die aangesig.
Ons is nietig, onrein stof, onbekwaam, Heer, tot u lof; vol van vlekke, vol van sonde, bly ons tot ons laaste stonde.
3. Kan U ooit bemin, o Vader, wat nie heilig is en rein?
Hoe sou ons tot U dan nader, hoe regverdig ons ook skyn? Neem ons, arme sondaars, aan op die donker lewensbaan;
in onsself is geen vermoë tot wat goed is in u o
235.
4. Wat gevorm is deur u denke, dit is heilig, rein en goed;
wat ontstaan het op u wenke, dit is heilig, rein en goed.
Ons verstand is swak en klein, en ons wil is diep onrein;
in ons hart, so diep verlore,
word steeds smart en vrees gebore.
5. O versag die vrees, die smarte, en is hier ons krag te klein, skep U self ons reine harte - U is rein en maak ook rein. Was ons diep onrein gemoed, was dit rein in Jesus bloed! Skenk aan hart en rede beide deur u goeie Gees geleide!
6. Heil'ge God, maak ons in deugde aan u godd'lik beeld gelyk;
laat dit wees ons hoogste vreugde om die sonde te ontwyk -
tot ons eens u troon omring en as vrygekogtes sing,
met die serafs, U ter ere; Heilig, heilig, heilig, Here!