(G/F)
1. O Hoof, bedek met wonde - bespot, gesmaad, gehoon!
O Hoof, so wreed geskonde, met skerpe doringkroon! Weleer met strale^omgewe van bowe-aardse gloed,
nou bleek en sonder lewe - o dierb're Hoof, gegroet!
2. O Aanskyn vol genade,
so goddelik en skoon, bedroef slaan ek U gade - is dit u liefdeloon?
Moes só u oog gebreek het, ontdaan van hemellig?
Moes só die glans verbleek het, waar aardse glans voor swig?
3. Die lewensblos van wange, die tinteling van bloed,
die klop van hartsverlange, die heil'ge lewensgloed - dis alles nou geweke,
die skoonheid van weleer; u liggaam is besweke,
u hoof hang mat terneer.
4. Al wat U sonder klae gedra^'t met stil geduld, ja, al die spot en slae - daarvan dra ék die skuld. Om al my sondedade
het ék die straf verdien, maar U het in genade my jammer aangesien.
5. O dank van ganser harte
dat U, Verlosser, Vriend,
vir my dié bitt're smarte
gely het, onverdiend!
Wat ek hier ooit mag derwe, laat my dié troos behou
dat, as ek eenmaal sterwe, ek, Heiland, U aanskou!
6. Skei ek uit hierdie lewe,
o wyk dan nie van my;
as alles my begewe,
staan in die dood my by;
en word die stryd die bangste, laat dan in pyn en vrees
u deurgestane angste
my tot vertroosting wees!
7. Verskyn dan aan my sponde, skenk laafnis in die nood; wys my in daardie stonde op u versoeningsdood!
Is dan my stryd volstrede, al starend op u kruis,
wag saalge hemelvrede
my in u Vaderhuis!