(D/C)

1. Ja, halleluja, dis volbring: die worsteling
in bange duister!
Die son het van die hemeltrans die kruis omglans
met nuwe luister.
Dit is volbring; Immanuel
het dood en hel
oorwin volkome.
Dit is volbring; van Golgota vloei Gods gena
met volle strome!

2. Verloste sondaars, kyk na Hom; sy roepstem kom:
"Vir julle vrede!"
In lyde^en dood het Hy oorwin; jul heil begin
vir ewighede.
Triomf, triomf, sing wêreldrond, sing uit een mond -
Hy skenk ons lewe!
Ja, halleluja, dis volbring;
die sterweling
sal ewig lewe!