(D)

1. God het gespreek! Laat berg en rots sy woord in skrif vertoon;
dat elkeen wat die skrif aanskou, lees wat die Here spreek:

2. "Die sterkste rots word eens die hoogste berg stort in; maar my genaverbod met u, opregtes, wankel nie."

3. "Gaan veilig heen deur vuur deur waterstroom en see;
die vuur sal selfs geen haar die vloed geen skade doen."
vergruis,
en vlam, verskroei,

4. "Betree gerus die doodsvallei,
hoe swart die skadu dreig;
vrees daar geen kwaad, Ek ken die pad en sal daar met u wees."

5. "Al stort hier alles inmekaar, gebergtes in die see;
al raak die aarde ook tot niet - Ek sal u toevlug wees!"

6. Laat elkeen dit as Woord van God gelowig lees en eer,
want ewig en onwankelbaar
is wat die Here spreek.

7. Ja, sy verbond staan ewig vas, so staan geen berg, geen rots;
al toef Hy ook, Hy ken sy tyd, Hy kom, Hy kom gewis!