(G/A)
1. Gedenk met vreugd' die grote dag van sege oor die dood se mag. Ons vier tot sy gedagtenis
ons Heiland se verrysenis.
2. Herinner u met vreugde weer die groet van ons verrese Heer: "Vir julle vrede!" O my gees, verbly jou dan, wees onbevrees!
3. Verhef u hart en bid Hom aan! Die Lewensvors het opgestaan; Hy leef, u deel sy heilryk' lot: Hy leef, u Here en u God!
4. Ons lof en dank word Hom gewy wat was en is en ewig bly. Verhoog sy Naam en majesteit
en roem Hom tot in ewigheid!
5. Ontbonde eenmaal van die vlees, sal ons volmaak en salig wees; dan erf ook ons die heerlikheid met Christus tot in ewigheid.
6. My hart spring op van vreugde^in my, verwond'ring, liefde maak my bly;
U alle eer en dank verplig,
buig ek, Heer, voor u aangesig!