(G)

1. Sing, o afgeleë lande,
sing, o verste volke, sing!
Jesus self reik u die hande; volke, hoor, sy heilstem dring eenmaal deur tot ieders oor;
al wat leef, dank Hom daarvoor!

2. Groot is Hy in mededoë - Jesus, Seun van God en mens - ja, by Hom is alvermoë, menseliefde ongegrens!
Wat 'n stof tot lof en vreugd' - hemel, aarde, wees verheugd!

3. Ja, 'n ongetelde skare
sien ons op sy roepstem kom; hier beskaafdes, daar barbare, vryes, slawe huldig Hom. Dale, rys; sink, berge, neer; baan die weg vir onse Heer!

4. Kyk, Hy kom om alle volke
mild te seën as hul God;
met Hom daal daar uit die wolke strome neer van heilgenot;
uit die diepste slawerny
maak die Seun in waarheid vry.

5. Só sien ons die Godsryk nader, nader kom met elke dag;
amen, sê ons altegader,
kom, ja kom, o blye dag, waarop heel die wêreldrond
U sal loof met hart en mond!