(G)
1. Kom laat ons, hier tesaam vergader, aanbiddend voor ons Skepper buig, met diepe ootmoed tot Hom nader en Hom ons lof en dank betuig! Geslagte sterf en word gebore,
soos jare kom en jare gaan;
die tyd vervaag selfs al hul spore - Gods trou alleen bly ewig staan.
2. Ja, ook u liefde,^o Opperwese, is ewig wyl U liefde is;
U lei ons skrede in u vrese, U lig ons voor in duisternis.
Ons eie offers - ag, hoe skamel
by wat U jaar en dag ons skenk;
ons kan slegs diep ootmoedig stamel: wat is ons dat U ons gedenk?
3. Die sterretal sou ons nog eerder kon tel dan wat U skenk, o Heer; terwyl ons sondeskuld vermeerder, maak U u gunsbewyse meer.
Ek is geringer, Here, Here,
dan soveel heil aan my geskied; u goedheid bring ek al die ere wat ek kan stamel in my lied.
4. Verbly ook hierdie jaar ons harte, as blydskap vir ons heilsaam is; beskik U egter kruis en smarte, so heilig ons deur droefenis.
Laat ons nie jaag na aards' vermoë wat met die tyd so ras vergaan; stel sielerykdom ons voor oë
wat onverderflik bly bestaan!
5. Daag hierdie jaar my laaste stonde, dat ek dan voorbereid mag wees; en slaan U my ook diepe wonde, wil U dan balsem en genees!
O Heiland, wat my hier begewe, lig tot die dood my voor op aard', dan word my sterwe my ten lewe, my sterfuur my 'n hemelvaart!