(G/A)

1. Ure, dae, maande, jare
vlieg soos skadudrome heen, en die wentelende jare,
gaar verganklikheid alleen:
van ons ondermaanse swerwe
bly geen spoor of teken staan;
al wat word, moet kwyn en sterwe, waar die tyd se weë gaan.

2. Heengegaan het voorgeslagte, en hul kroos bloei op hul graf; ons ook is dié lot te wagte: mense val soos blare af.
Stof, deur eeue heen vergader, hou dieselfde graf byeen;
net by U, o eewge Vader, vind die mens sy troos alleen.

3. Wissel hier die tye immer,
U alleen bepaal my lot,
U alleen verander nimmer,
U bly ewig-deur my God! Watter ramp my hier ook nader, wat ook wissel hier, o Heer,
U bly in u Seun my Vader, U my ruspunt immermeer!

4. Vader, onder al my node, Vader, onder heil en straf, Vader, in die ryk der dode, Vader, ook tot in die graf - wat verander hier benede,
U, o God, hou ewig stand! Ook my stof rus in u vrede, sluimer in u Vaderhand.

5. Snel dan heen, my lewensjare, met jul droefheid en genot; tref my rampe of gevare,
nooit verander God, my God! Sou my alles hier begewe, voortgelei steeds deur sy hand, sien ek uit in hierdie lewe
na my eewge Vaderland.