(A)
1. Loof God, ons aller Skepperheer, vir sy goedgunstighede,
wat deur sy albestuur regeer - bring Hom u dankgebede!
Hy hou elk' jaargety in stand, en deel aan ons met milde hand sy seëninge mede.
2. Die aarde^in winterslaap gesus, ontwaak tot lentelewe;
die velde^oordek, ná lange rus, 'n kleed met goud deurwewe;
en wat die hemelruim deursweef, op aarde^of in die water leef, verbly hul in die lewe.
3. Die ganse skepping sing verheug, die berge^en bosse^en mere;
die grasgroen velde juig van vreug, en bring Hom lof en ere,
uit wie die lewe^en aansyn vloei, die wasdom en die volle bloei - loof, loof, o mens, die Here!
4. U roep die wolke oor die land, deurdrenk die aard' met reën,
en wat gedra word deur u hand, verbly hom in die seën;
sou U die mens in sielenood
dan nie versterk met hemels' brood en met u guns bejeën?
5. Skenk U reeds hier wat ons verheug, ja, soveel skone dinge,
eens smaak ons daar met volle vreug die hoogste seëninge;
omhoog loof U die eng'leskaar - gee, Heer, dat ons ook eenmaal daar U loof met hemelinge!