(G/F)
1. Ná ons kortstondig' aardse lewe wag ons 'n eewge heerlikheid;
daar volg ná bange stryd en strewe 'n hemel van volsaligheid;
daar skenk God as genadeloon, sy kinders die oorwinnaarskroon. }2x
2. Al smaak die vrome hier op aarde
reeds menig vreugdevolle uur,
die aardse vreugd' - hoe groot sy waarde - is onvolmaak en kort van duur:
die vreugde^en smart in ons gemoed
is wisselend soos eb en vloed. }2x
3. Wat ons hier soek, is daar gevonde; daar is die vrede Gods volmaak; genese daar die hartewonde, volbring die aardse lewenstaak;
daar maak elk' nuwe^ervaring my diep dankbaar en aan God gewy. }2x
4. Daar skenk die Heer die openbaring
van wat ons hier nie kon verstaan;
daar vind Gods Raadsplan sy verklaring, waarvoor ons hier verbysterd staan;
daar eer my siel met lofgesang }2x Gods Raad in heel sy samehang.
5. Daar sal ons om die troon vergader, waar God Hom heerlik openbaar, met drie maal "heilig" Jesus nader, vir ons gesterf en opgevaar;
daar word die segelied gehoor van heel die saalge hemelkoor. }2x
6. Daar sal ek, soos die hemelinge,
in vlekkelose reinheid staan,
om met verloste sterwelinge
volmaak en heilig om te gaan;
daar smaak ek ewige genot - }2x geen sondaar meer, maar kind van God.
7. U, Heer, dank ek in gindse sale, wat my die heilsweg hier wou wys; daar sal ek U ontelb're male
nog vir u trou en liefde prys:
daar vind ek U, my God en Heer, }2x my troue Gids en Leidsman weer.