(D)

1. Moet jy stry teen moeilikhede, Christen, treur nie oor jou lot! Krag ontvang jy op jou bede. Moet jy stry teen moeilikhede, wees tevrede met jou lot,
Hy, jou Redder, is jou God!

2. Kan die nood nie groter wees nie, sien jy self geen uitkoms meer,
tog het jy geen kwaad te vrees nie. Kan die nood nie groter wees nie, sien jy self geen uikoms meer,
God, jou God, red keer op keer.

3. Bou in kommervolle dae
al jou hoop op Hom alleen; Hy hoor al jou sugte^en klae. Bou in kommmervolle dae
al jou hoop op Hom alleen - Hy kan help, ja, Hy alleen!

4. Hy sal geen belofte breek nie.
Ja en Amen is sy Woord.
Hy laat ons nie vrugt'loos smeek nie. Hy sal geen belofte breek nie;
Ja en Amen is sy Woord,
veilig bou ons daarop voort.

5. Ja, in duisend bange stonde het Hy steeds getroos, gered; ewig word Hy trou bevonde. Ja, in duisend bange stonde het Hy steeds getroos, gered op die kinderlik' gebed.

6. Weg dan met jou bange sorge, volg gehoorsaam sy gebod!
Is die toekoms ook verborge, Hy, die Vader, dra ons sorge. Volg gehoorsaam sy gebod - Hy, jou Redder, is jou God!