(D)
1. O God van Jakob, deur u hand word al u volk gevoed;
U het weleer op see en land ons vadere behoed.
2. Ons dank- en smeekgebede gaan tot u genadetroon;
wil ons en ook ons kroos voortaan u guns en trou betoon!
3. Wil op ons aardse lewenspad ons wank'le skredes lei;
en waar ons val, o Vader, vat ons hand en staan ons by!
4. Bewaar ons, Heer, in alle nood,
hou oor ons heil die wag!
Wil kleding skenk, gee daagliks brood, ons deel vir elke dag!
5. Beskikker van ons deel en lot in voor- en teëspoed,
U^is onse Vader, onse God, ons heil, ons hoogste goed!