(G/F)

1. Hoog, omhoog, die hart na bowe, waar ons Heer en Heiland is! Waarlik lewe, liefhê, lowe,
kan ons slegs waar Jesus is.
Wat ons hoor of sien op aard'
is ons kosbaar hart nie waard; wil ons lewe, liefhê lowe - hoog, omhoog, die hart na bowe!

2. Prag en skoonheid mag wel skitter - dis die ydelheid gelyk!
Skynbaar soet is dikwels bitter,
goud en silwer is soos slyk.
Jesus, enkel in u bloed
is daar rus vir ons gemoed! Wat ons liefhet van die aarde het geen wesenlike waarde.

3. Eewge lewe, eind'loos heerlik, wat ná hierdie lewe wag -
dit alleen is gans begeerlik,
is onsigbaar, maar vol krag. Sluit ons eens die vleeslike^oog, wag die lewe ons omhoog:
lewe vir ons hart begeerlik, lewe onuitspreeklik heerlik!

4. Saalge heil wat ons eens erwe: lewe eind'loos God gewy, sonder moeite, siekte^en sterwe, ewig van die sonde vry!
Lewe in volmaakte deug, vrolik deel in hemelvreug - laat ons juig oor daardie lewe, ons deur Gods gena gegewe!

5. Jesus, blydskap van ons harte, bron van alle ware heil,
U skenk ons ná aardse smarte hemelvreugde sonder peil!
Wil ons dan reeds hier verbly, vir u hemel voorberei,
waar ons ewig U sal lowe - Jesus, trek ons hart na bowe!

6. O dat alle mensetale,
alle eng'lesang, o Heer, saamruis deur die hemelsale, in één jubel tot u eer! Sonder einde gee u lof, Jesus, ons die rykste stof; trek ons hart tot U na bowe om U ewig daar te lowe!