(D)
1. My God, wat ooit in my verdoof, versterk gedurig my geloof,
selfs onder u kastyding!
Dan sal ek my in U verbly -
hoe hobbelrig my pad ook sy -
in u alwyse leiding.
Ofskoon die nag rondom my daal
en daar geen ster meer voor my straal,
met U sal ek nie vrees nie; want bly my oog op U gerig, sal ek, wát om my val of swig, hier nooit onveilig wees nie.
2. U, algenoegsaam in Uself,
het U aan gindse stergewelf
die sonne nie ontsteek nie?
U^is ook my Skepper, ook my stof is deur Uself besiel tot lof -
niks kan die band verbreek nie. Gedagte wat my siel verruk:
U skenk my, hoe terneergedruk, 'n troos nie af te meet nie!
Ek, stoffie in die groot heelal, word onder skeps'le sonder tal nie deur my God vergeet nie.
3. Ofskoon my hart, in bange stryd beklem die eie^onwaardigheid,
u liefde kon mistrou het,
tog sink my laaste twyfel neer as ek u Seun aanskou, o Heer, deur wie U my behou het.
Og, dat ek u genadetroon,
waar Jesus Hom aan my vertoon, vertrouend, vrolik nader!
Dan, veilig in u liefdeskoot,
sal ek nog stamel tot die dood: "My Skepper en my Vader!"