(D)

1. Die som van Gods gebooie val saam in hierdie sin:
jy moet jou naaste liefhê en God bo alles min!

2. O Heer, wil dan u liefde diep in ons openbaar,
dat ons mekaar mag liefhê en so u Wet bewaar!

3. Te meer omdat die tye
ons ernstig daartoe maan, want die verlossing nader - dis tyd om op te staan!

4. Die nag het ver gevorder
en dit is amper dag;
o Heer, skud ons tog wakker, dat ons u koms verwag!

5. Laat ons die werke aflê, in duisternis verrig,
en ons ten stryde aangord met wapens van die lig!

6. Laat ons dan waardig wandel, geheilig deur u Gees,
bekleed met U, Heer Jesus, gekruisig aan die vlees!