(C)

1. O Vader, in die hemel hoog, tot wie ons ophef hart en oog, ons bid in stille^eerbiedenis: gee dat u Naam wat heilig is, deur ons geken, geëer, gevrees, in alles mag geheilig wees!

2. Gee dat u koninkryk mag kom, in Christenland en heidendom, in sy triomfe eindeloos!
En laat ons op die aarde, soos die eng'le wat u troon omring, gewillig, Heer, u wil volbring!

3. Gee ons - want ons gebrek is groot - vandag ons dagelikse brood!
Bewys ons tog barmhartigheid
en skeld ons, Heer, ons skulde kwyt, soos ons, in skuldvergiffenis,
vir hul wat aan ons skuldig is!

4. Lei ons nie in die donker land, die wêreld van versoeking, want ons is so swak. Verlos ons van die Bose^as hy sy vangnet span! Want U kom toe die majesteit en krag en eer in ewigheid!