(G/A)
1. O God, ons wil U immermeer in Christus as ons Vader eer, en stort tesame al ons nood ootmoedig in u Vaderskoot!
2. O leer ons op u Woord vertrou, ons, sondaars, aldeur daarop bou; in eie deug vind ons geen steun, alleen in Jesus, in u Seun.
3. Skenk ons, o Vader, in u trou -
hoe snood ons hart homself beskou - die sekerheid: deur Jesus bloed
is al ons skuld voor U geboet!
4. Laat hierdie lewende geloof
ons liefde tot die kwaad verdoof, dan vind ons daagliks groter vreug in heiligheid en Christendeug.
5. Laat, Heer, tog u getuienis,
u Woord, wat ewig seker is,
ons alles wees in vreugde^en smart, die laaste ruspunt van ons hart!
6. Gee dat, o hoogste Majesteit,
ons hart steeds u teenwoordigheid by al ons arbeid diep gevoel
en so u eer alleen bedoel!
7. Sterk, waar versoeking lok en lag, ons bose hart tog deur u krag,
en gee ons tot die stryd steeds moed, al eis dit van ons goed en bloed.
8. En is ons einde daar, o Heer, sien dan genadig op ons neer; laat dan, om Jesus dierbaar bloed, u vrede heers in ons gemoed!