(D)
1. Ons wy, getroue Opperheer,
die feesdag aan u diens en eer
en dank U vir u gunsbetoning.
U skenk ons rus van werk en plig en roep ons voor u aangesig
tot offerande in u woning.
Verhef ons hart, Heer, uit die stof en stem dit tot u diens en lof!
2. O Vader, dat u vriend'like^oog bestraal ons harte van omhoog, waar ons met onse smeekgebede in Jesus Naam tans voor U kom, aanbiddend in u heiligdom!
O milde Bron van salighede, stort in die rykste owervloed u seën uit in ons gemoed!
3. Gee dat u Gees die leraar sterk, die seël sit op al sy werk!
Dan sal u Woord ons hart verteder, dan sal ons ware godsvrug leer;
uit dankb're ywer tot u eer
sing dan ons mond u lof gereder; dan is ons tot u diens bereid
op aarde^en tot in ewigheid!