(G/F)
1. Sondaar, is jou hart verslae?
Dan is God jou nou naby;
steek nie weg wat jou bekommer,
laat die trane vloei so vry!
Koor
Word gered, gered ook nou;
word gered, Hy't gesterf vir jou!
Word gered, Hy't gesterf vir jou!
2. In sy teer, neerbuigend' liefde,
soek die Heer, so lief, so goed.
Hy, as Vriend, skenk jou die lewe;
sal jy kom en Hom ontmoet?
3. Wil jy wag nog tot die môre?
Jy mag nooit sy lig aanskou;
kom dan nou, wyl Hy genadig
nog op jou staan wag - kom nou!
4. Kom ootmoedig en berouvol,
kniel dan voor die Heiland neer;
Hy sal jou gee: rus, vergifnis -
wonderskoon en o, so teer!