(A/G)

1. Ek het 'n vriend, Hy is als vir my,
sy liefd' is ewig trou.
'k Vertel so graag hoe Hy my bevry,
en wat Hy ook kan doen vir jou.

Koor
Gered deur sy wonderkrag,
veilig in sy liefdemag,
my lewe is soet,
ek het blydskap in oorvloed, ek is gered.


2. Hy red my nou van die sondemag,
en lei my siel getrou.
Ek leun so sterk op sy liefdekrag,
en dag en nag lei Hy my nou.

3. Hy roep my, arme verstoteling,
in liefde sê Hy my:
"Kom, Ek sal jou in die hemel bring,
en daar kan jy vir ewig bly."