(F)
1. Ek is verlos, ek is verlos!
Jesus maak my nou ook vry,
Hy het my vrygekoop,
ja, ook my, ja, ook my!
Koor
Halleluja-luja, halleluja-luja,
halleluja vir my Heiland!
Halleluja, halleluja,
halleluja, Amen!
2. Liefde groot, wonder groot,
ek is vir die wêreld doof,
slegs in Hom leef my siel,
ja, ek glo, ja, ek glo!
3. Ek is rein, ek is rein,
witter as die sneeu is ek,
Hy het my rein gemaak,
dit weet ek, dit weet ek!
4. Ek was swak, ek is sterk,
want voor my moet alles swig,
en vir my duisternis
gee Hy lig, gee Hy lig!
5. Prys die Heer, prys die Heer,
u wat Hom sien met u oog,
weldra sal ek met Hom wees,
daar omhoog, daar omhoog!