(A/Bb)

1. Jesus is die sterk Verlosser,
laat die blye lied weerklink;
Jesus is ons groot Geneesheer,
ons sal die boodskap bring;
Jesus is die heil'ge Doper,
glorie halleluja, sing halleluja
en ons verbly ons want ons Koning kom!

2. Daarom prys ons Hom, ons Redder,
want Hy het ons duur gekoop;
en ons sing van sy genade,
Hy gee ons ware hoop;
as die stryd op aard voltooi is,
en Hy ons na Hom toe neem, gaan ons jubel
as Hy ons in die hemel na Hom nooi!

3. Meer as ooit het ons Hom nodig,
want die groot basuin kan blaas,
of die dood kan enig' oomblik
ons lewensdraad afknip;
daarvoor moet ons dan gereed maak
om ons Heer te kan ontmoet in die hemel,
ons moet gereed wees om voor Hom te staan!

4. Jesus is ons Saligmaker,
Hy wil elke siel hier red;
Jesus is ons Saligmaker,
ons sal die boodskap bring;
Jesus is ons Heer en Meester,
elke een wat in Hom glo, sal Hy uitred,
met Hom gaan ons vir ewig woon daarbo!