(C/Bb)
1. Saad word gesaai in genadetyd,
saad word gesaai ook in smart en stryd;
saad word gesaai tot die grote dag
want Jesus kom, o so onverwags.
O wat sal die oes dan wees? (2x)
Koor
Saai ... in die dag...lig of saai ... in die nag ...,
saai ... in u swak...heid of saai ... in u krag ...;
wat in die lewe hier ooit word gesaai,
word in die lewe hiernamaals gemaai.
2. Saai goeie saad in genadetyd,
saai regte saad, selfs in smart en stryd;
saai suiwer saad tot die grote dag
want Jesus kom, o so onverwags.
O wat sal die oes dan wees? (2x)
3. Saai liefdesaad in genadetyd,
saai saad van hoop, selfs in smart en stryd;
saai vriend'lik saad tot die grote dag
want Jesus kom, o so onverwags.
O groot sal die oes dan wees. (2x)