(A/Bb)
1. Saai maar in die môre, saai die liefdesaadjies,
saai ook in die middag, en in skemeraand;
wag dan tot die oes kom, dit is die vergaartyd,
dan bring ons met blydskap al die gerwe in.
Koor
Al die gerwe in, al die gerwe in,
dan bring ons met blydskap al die gerwe in.
Al die gerwe in, al die gerwe in,
dan bring ons met blydskap al die gerwe in.
2. Saai daar waar die son skyn, saai ook in die skadu,
sonder vrees vir wolke of vir winterkou;
aanstons is die oes daar, en ons arbeid eindig,
dan bring ons met blydskap siele, rein en trou.
Koor
Siele, rein en trou, siele, rein en trou,
dan bring ons met blydskap siele, rein en trou.
Siele, rein en trou, siele, rein en trou,
dan bring ons met blydskap siele, rein en trou.
3. Saai maar vir die Meester, al is dit met trane,
as ons soms met droefheid, swaar verliese ly;
as ons droefheid oor is, sal Hy ons verwelkom,
dan bring ons met blydskap siele, ryk en vry.
Koor
Siele, ryk en vry, siele, ryk en vry,
dan bring ons met blydskap siele, ryk en vry.
Siele, ryk en vry, siele, ryk en vry,
dan bring ons met blydskap siele, ryk en vry.