(F)

1. Die Koning gee knegte bevele:
"Gaan nou uit op die paaie, so ver,
versamel die gaste vir die bruilof
van die blink Môre-ster!"
Die Eersteling in hemel se sale
en die Liefling in hemelkringe;
Hy's die waardige Troonbetreder
en Verlosser van sterwelinge.

Koor
Kom nou aan na die Koning's maaltyd
wat vir jou is berei!
Dis alles gereed: Hy wil jou beklee
met 'n spierwit bruilofskleed!


2. Genooides laat weet hierdie boodskap:
"U moet ons van die maaltyd verskoon,
ons lewe is so vol, daar's nie tyd nou
vir die fees wat jul hou."
So verbeur hul die hemel se aanspraak,
wyl die stem roep: "Verloornes ontwaak!"
Die wat kreupel en blind en vermink is,
word tesame die saal in gedwing.

3. Die Koning deurwandel die feessaal
en vind een sonder 'n bruilofskleed.
"My vriend, hoe sit jy aan die feesmaal
as jy nie is gereed?
Bind sy hande en voete tesame,
werp hom uit in die duisternis;
daar's geween en gekners van die tande,
want vir ewig te laat vir berou!"