(C/Bb)

1. Red wat verlore gaan,
soek die wat sterwe,
ruk hul ontfermend uit sonde en dood!
Ween oor die dwalendes,
rig op wat struikel,
bring hul die liefde van Jesus so groot.

Koor
Red wat verlore gaan,
soek die wat sterwe!
Jesus is liefdevol, Jesus kan red!


2. Hoe Hy geminag word,
Hy wag geduldig,
om siele met berou, lewe te gee.
Pleit met hul vriendelik,
pleit nogmaals dringend;
elkeen wat glo, vind vergewing en vree.

3. Diep in die heidenhart,
prooi van die bose,
skuil daar 'n beeld wat gena kan herstel;
onder Gods liefdehand
tril daar weer snare,
lewe die siel op die Heer se bevel.

4. Red wat verlore gaan,
Jesus verwag dit,
krag tot die werk sal Gods Gees u verleen;
lei na die noue weg
almal geduldig,
juis oor verdwaaldes het Jesus geween.