(G)
1. Ag, die kruis is baie swaar,
en die pad is baie nou,
ek sal maar voorwaarts gaan,
om by Gods Gees te staan.
Koor
Laat my gaan, laat my gaan
om by Gods Gees te staan.
Laat my gaan, laat my gaan
om by Gods Gees te staan.
2. O die kruisdra gaan verby,
wat 'n swaar en bloedig' stryd,
vir my geen heerlikheid,
dit is 'n harde stryd.
3. Ag, die kruis, dit dryf my aan
om 'n sware las te dra,
o laat my tog maar gaan,
hier op die noue baan.
4. Ag, die pad so swaar en nou,
sal ek tog maar verder gaan?
Ja, ek sal verder gaan,
so tot die noue baan.