(A)

1. As die lewenstorme losbreek
en gevaar op see en land,
dan gaan ek 'n skuilplek opsoek
in die skadu van Gods hand.

Koor
Hy verberg my, Hy verberg my
waar geen smart my ooit kan tref nie;
Hy verberg my altyd veilig,
in die skadu van sy hand.


2. Selfs al stuur die Heer beproewing,
bind dit my net meer aan Hom,
want uit liefde, nie uit toorn,
sal kastyding tot my kom.

3. Val my vyande my lastig,
wil die Satan my verlei,
dan laat God selfs uit die kwade
goed te voorskyn tree vir my.

4. Al is kruisdra ook hoe moeilik,
moet ek dikwels teëspoed ly,
by my Heiland is ek veilig,
niks kan my ooit van Hom skei.