(F/G)

1. Heer, moeilik is my salig' pad,
na die dierb're hemelstad;
dit laat my tot U roep, Here,
vol met trane en berou.

Koor
Dis liefde wat so trou,
my maar steeds aan U vashou.


2. Heer, moeilik is my pad op aard',
deur die sonde so verward;
donker newels is om my heen,
dit laat my soms droewig ween.

3. Heer, moeilik is my pad op aard',
maar U kan ek nie verlaat;
selfs al kos dit my droog of nat,
salig' pad, dié moet ek vat.

4. Heer, so moeilik is nou my pad
wat lei na die hemelstad;
Heer, hoe moeilik is dit vir my
op die smalle weg te bly.