(D)

1. Ja, dit is nog dieselfde mag,
toe Jesus met sy wonderkrag
dooies opwek, menig' dag.

Koor
Jesus het dieselfde mag,
as toe Hy op aarde was.


2. Ja, Hy het nog dieselfde mag,
waarmee Hy kragtig daardie dag,
Las'rus oproep uit die graf.

3. Ja, Hy het nog dieselfde mag,
as sy oorwinning daardie dag,
daar by Jesus' ope graf.

4. Ja, Hy het nog dieselfde mag,
as toe Hy op die Pinksterdag
vuur laat neerdaal, vol van krag.

5. Ja, dit is nog dieselfde mag,
toe Petrus' woord, gelaai met krag,
Dorkas opwek onverwags.