(F)
1. Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing,
en aan U, my Vader, al my hulde bring.
2. Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer.
Wie kan Hom op aarde ooit na waarde eer? Nogtans sal ek jubel, sing ek weer en weer: heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer.
3. Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer.
Geen begin of einde - ewig is Hy Heer.
God van ons verlossing, God wat ons bewaar! So is ook sy woorde: magtig, vas en waar.
4. Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Hemel, aarde, ruimtes - oral is Hy Heer. In sy groot genade, ver bo ons verstand, hou Hy al wat lewe in sy Vaderhand.