(A/Bb)
1. Wil jy nog weet of God dan ooit bestaan,
wil jy nog weet, hoe kan jy Hom dan sien?
Kyk na die hemel, die wolke wat daar rondsweef;
dit is my God, ja, dit is my God!
2. Wil jy nog weet of God dan ooit bestaan,
wil jy nog weet, hoe kan jy Hom dan sien?
Kyk na die reënboog, wie kan die hemel inkleur;
dit is my God, ja, dit is my God!
3. Wil jy nog weet of God dan ooit bestaan,
wil jy nog weet, hoe kan jy Hom dan sien?
Kyk na 'n voëltjie, wie kan hom klee en kos gee;
dit is my God, ja, dit is my God!
4. Wil jy nog weet of God dan ooit bestaan,
wil jy nog weet, hoe kan jy Hom dan sien?
Kyk na 'n moeder, wie gee die kindjie in haar skoot;
dit is my God, ja, dit is my God!
5. Wil jy nog weet of God dan werklik omgee,
gee Hy gehoor as ek in angs Hom roep?
Wie kan jou vrede gee, wie stil die lewenstorms?
Dit is my God, ja, dit is my God!