(D/E)
1. Ek vertel die wêreld wat ek dink van Jesus,
want ek vind in Hom 'n vriend, so sterk en trou;
Hy't die lewe ook in my geheel verander,
daar's geen ander vriend wat dit vir my kan doen.
Koor
Daar's geen ander vriend vir my soos Jesus,
ja, geen ander vriend so goed soos Hy;
daar's geen ander wat my sonde kan vergewe,
o hoe lief het Jesus my.
2. Elke dag te wandel met Hom, is verseker,
meer en meer kan ek in al sy liefde glo;
maar ek weet nie waarom Hy vir my moes sterwe,
tot ek eens sy aangesig sal sien daarbo.
3. Daarom prys ek my Verlosser en my Here,
want ek vind in Hom 'n vriend, so sterk en trou;
in die hemel bou hy daar vir my 'n woning,
veilig lei Hy my tot ek Hom daar aanskou.
4. As ons voor die Heiland staan en Hy ons oordeel,
en die boeke van die lewe maak Hy oop;
as my naam verskyn en Hy my vriend'lik innooi,
is ek veilig want Hy het my duur gekoop.