(G/A)

1. Staan op, o Heil'ge Gees,
want ons verwag U weer,
verborge in U, Heer,
ja, kom tot ons nou weer.

Koor
Ja, sy koms is daar. (2x)
Staan op, o volkeskaar:
kom ons loof Hom daar!


2. Ja, ons is vry verklaar,
staan op, o Gees, ons wag,
en kom na ons met mag,
want ons wag dag en nag.

3. O Gees, staan op en leef,
dat almal voor U beef
en ons vir U kan leef,
ja, ons aan U kan gee.

4. Staan op, o Heil'ge Gees,
en roep ons nou ook daar,
tot by sy heilig' skaar,
wat na die hemel vaar.