(C/D)

1. Die Gees stry, o sondaar, en soek jou behoud;
Hy klop aan jou hart nog so hard en so koud.
Weerstaan tog die Gees nie, geen uitstel kan baat;
wellig is dit môre, vir ewig te laat!

2. O kind van Gods liefde, verswaar nie jou skuld;
gedenk Gods genade, sy liefd' en geduld.
Bedroef dan nie langer die Heilige Gees,
dat in jou die Heiland verheerlik mag wees!

3. Ontwy is die tempel, van skoonheid beroof,
die vuur van Gods liefde reeds byna verdoof;
o sorg dat die liefde weer brandende sy,
en blus nie die Gees uit - die Heer is naby!

4. O Gees, hier's my hart nou om daarin te woon,
U vul dit met blydskap en maak my nou skoon.
Hoe kon ek nog langer gewag het, o Heer,
ek het U so lief, Heer, en dit word net meer!

5. Word stil en oordink nou die saligheid skoon,
waar eng'le vir ewig in heerlikheid woon.
Die Gees is so naby en staan steeds en wag;
dis nou die geleentheid, ek gryp dit met mag!