(D/E)
1. Gaan jy deur 'n donker wolk,
wees net sterk, o kind van God;
moet tog nou nie wankel nie,
môre sal die son weer skyn.
Koor
Môre sal die son weer skyn,
miswolke sal dan verdwyn;
glimlag deur die stormwind,
jy is mos 'n Koningskind.
2. Weet dit tog, Hy's altyd daar,
is die stryd ook baie swaar;
neem sy hand nog stywer vas,
môre sal die son weer skyn.
3. Jesus sal ons laste dra,
Hy gee alles wat ons vra;
wonderlik om dit te weet,
môre sal die son weer skyn.