(A)
1. Waar is jou vreugde, voel jy belas,
is jy vermoeid, Jesus gee krag!
Is jy eensaam, voel jy alleen -
vertel dit aan Hom, want krag sal Hy gee.
Koor
Hef op jou hande, verhef jou stem,
vra vir Jesus wat jy wil hê
Hy gee jou vrede, ewige lewe -
vir wie op Hom wag, gee Jesus krag!
2. Voel jy verlore, te moeg om te stry,
leun maar op Hom, krag sal jy kry!
Het jy soms vrese, te bang om te lag -
vertrou net op Hom, want Jesus gee krag.
3. Tydens 'n siekbed, langs 'n graf,
hou vas aan Hom, Jesus gee krag!
Hy is jou anker, Hy help jou weer -
vertrou net op Hom, want Hy is jou Heer!