(F)

1. Swaar belas was my gewete
onder laste wat my knel;
maar die hand van Jesus red my,
nou is ek van sonde bevry.

Koor
Hy red my, o Hy red my,
en wat 'n vrede vind ek nou;
blydskap, vreugde, sing ek bly,
Hy red my en nou is ek bevry!


2. Vandat ek Hom hier ontmoet het,
reinig Hy my van my smet;
nou prys ek die Heer gedurig,
uit my hart wil ek Hom vereer.

3. Jesus gee my ware vreugde,
Hy gee redding keer op keer;
ek wil nou besing sy goedheid,
Hy red my uit vyand se strik.