(A/Bb)

1. Is jy ook al op reis na die hemel,
het jy klaar die ou wêreld verlaat;
het die Trooster by jou ook sy woning,
kan jy sê, prys die Heer, Hy't my hart?
Het jou maats wat jy altyd geken het,
jou verlaat en jou naam nou verloën?
Hou jou oog op die prys in die hemelse huis,
God is nog op die troon!

Koor
God is nog op die troon en Hy sal sy liefde betoon;
as ons hier verskrik word, met laste verdruk word,
sal Hy ons daar nimmer verloën;
God is nog op die troon, sy kinders sal Hy nooit verloën;
sy belofte bly trou, Hy vergeet nooit vir jou,
God is nog op die troon!


2. Arme siel, word jou hart al mismoedig,
met die laste waaronder jy swoeg;
lyk jou pad elke dag meer vol dorings,
word jy soms ook jou lewe al moeg?
Gaan alleen in 'n hoekie, vertel daar
al jou droefheid alleen aan Gods Seun,
dan sal jy ondervind, Hy verhoor nog sy kind,
God is nog op die troon!

3. Jy mag woon in 'n tent of 'n huisie,
wat die mens met veragting beoog;
maar Hy bou vir jou daar 'n paleisie
in die heerlike goudstad omhoog;
dit sal uitblink bo al wat te sien is
op die aarde, hoe ryk of hoe skoon;
Hy's die groot Argitek, en Hy bou self jou plek,
God is nog op die troon!

4. Die belofte laat Hy sy dissipels:
"Ek gaan weg, maar Ek kom spoedig weer;
en presies soos Ek hier weggegaan het,
net so sal Ek eendag weer terugkeer."
Lyk dit nou vir jou of Hy te lank wag;
dink jy soms Hy vergeet ons nou skoon?
Sy belofte bly trou, Hy kom spoedig na jou;
God is nog op die troon!