(C/D)

1. Twyfel nie meer, vertrou die Heer,
Hy stel jou nooit teleur,
al is jou nood ook nog so groot,
Jesus help seker weer.

Koor
Sing, sing as die sonskyn lag,
sing, sing deur die donker nag,
waar ons gaan, sit of staan,
laat ons sing, sing, sing.


2. Twyfel nie meer, vertrou sy krag,
Hy waak oor jou vandag,
gister het Hy jou deurgelei,
Hy help jou môre weer.

3. Twyfel nie meer, vertrou die Heer,
Hy weet wat baat jou meer,
al lyk die pad vir jou soms steil,
sy liefd' is sonder peil.