(C/Bb)

1. Waarom voel ek mismoedig,
waarom die nag so swart,
waarom is ek so eensaam,
smag ek na rykdom en eer?
As Jesus, rein deur sy liefde,
my lewe hou in sy hand;
Hy sorg selfs vir die mossie,
en in liefde sien Hy my.
Hy sorg selfs vir die mossie,
en in liefde sien Hy my.

Koor
Ons sing uit diepe vreugde,
ons sing want ons is bly;
Hy sorg selfs vir die mossie,
en in liefde sien Hy my!


2. Het jy ook soms probleme,
word ook jou lag hier stom,
kan jy jou las nie dra nie,
sien jy net vyande om?
As Jesus, rein deur sy liefde,
jou lewe hou in sy hand;
Hy sorg selfs vir die mossie,
en in liefde sien Hy jou.
Hy sorg selfs vir die mossie,
en in liefde sien Hy jou.

3. Jesus dra al ons smarte,
Hy help ons keer op keer,
Hy red ons uit genade,
lei ons die doodsdal deur.
As Jesus, rein deur sy liefde,
ons lewe hou in sy hand;
Hy sorg selfs vir die mossie,
en in liefde sien Hy ons.
Hy sorg selfs vir die mossie,
en in liefde sien Hy ons.