(A)
1. Ek kom in die blomtuin alleen,
en die dou skyn nog op die rose,
toe 'k 'n stem daar hoor, saggies in my oor,
dit was die stem van Jesus.
Koor
Met sy stem so soet, streel Hy my gemoed,
en vertel my ek is sy kind;
en met sielevreugd' het Hy my verheug,
soos niemand hier ondervind.
2. Die klank van sy stem was so soet,
dat die voëltjies almal moes luister,
en 'n melodie het Hy my gegee,
wat in my hart nog fluister.
3. Ek bly in die blomtuin by Hom,
ja, al word die nag ook hoe duister,
want Hy sê vir my, Hy sal by my bly,
in my leed hoor ek Hom fluister.