(A/Bb)
1. Soms is ons so verstom, oor trane maar net kom,
die sware las kan ons nie langer nou meer dra.
Maar God is steeds naby, Hy sien die trane rol,
die trane - 'n taal wat God goed verstaan.
Koor
God sien die trane van gebroke hart en siel;
Hy sien die trane val en troos ons weer.
Hy treur ook saam met ons en steun die swakke hand;
die trane - 'n taal wat God goed verstaan.
2. Word ons dan voor Hom stil, vloei trane sonder wil,
want sake draai nie uit soos ons dit graag beplan.
Maar God vat steeds ons hand, lei ons na goue strand;
waar saliges juigend op ons elkeen wag.
3. Daarom kan ons berus, God is van ons bewus,
Hy daal tog op ons neer en Hy kom spoedig weer.
Dan neem Hy ons met Hom na die Godstad omhoog
en geen droewe tyding sal ooit daar kan kom.