(F/G)

1. Jesus, my Heiland, wat vir my sterf,
U is verhewe, met ster en prag.
Met mag beklee, ja, as Oorwinnaar,
Jesus, my Rotssteen en Verlosser.

Koor
Wondervol' Jesus, wondervol' krag,
lieflike Heiland, magtige Vors,
Jesus, my Heiland, wonderlik' Raad,
skoon soos die môre, helder en klaar.


2. Lieflike Jesus, beminde Vors,
wie U nie liefhet, is U nie werd.
Helderrooi môre, dag breek reeds aan;
U is beminlik, lieflik en skoon.

3. Sterke Verlosser en Oorwinnaar,
U is verheerlik, lieflik en skoon,
U is my Liefste, heerlik en lig,
U is bekleed, ja, met Gods almag.

4. O my Beminde, lieflike Troos,
U is die skoonste in hemels' ryk,
o ja, die helder, blink Môrester,
wondervol' Jesus, wonderlik Raad.

5. Daar in die hemel sien ons U aan,
o, so verheerlik, met mag bekleed,
ja, al die eng'le buig voor U neer,
en al die heil'ges gee U die eer.