(G/A)

1. Vir die sondaar, vermoeid, wat kom hulp soek by Hom, het Jesus ooit gesê nee?
En vir die wat opreg bid en ernstig kom,
het Jesus ooit gesê nee?

Koor
Nee, nee, nog duisendmaal nee,
Jesus sal nimmer sê nee!
Aan wie sonde verlaat en bly in sy raad, sal Jesus nimmer sê nee!

2. Vir die hart wat sy sonde bely met berou, het Jesus ooit gesê nee?
En vir die wat gelowig wil kom en vertrou, sal Jesus nimmer sê nee!

3. Vir die siel wat verlang het om in Hom te bly, het Jesus ooit gesê nee?
En vir die wat Hom soek om oorwinning te kry, het Jesus ooit gesê nee?

4. Aan wie siek was of blind was of kreupel of doof, het Jesus ooit gesê nee?
En vir die wat aanbid en vertrou in geloof,
sal Jesus nimmer sê nee!