(F/G)
1. Laat my nooit die grond verlaat nie; laat my in u skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees, eind'lik nietig word vir my.
Elke afdraaipaadjie ken ek,
elke keer het ek gedwaal,
elke keer het U my iewers kom haal, maak dit, Heer, die laaste maal.
2. Elke dag is 'n gedagte,
elke kamer net gehuur,
elke aardse droom van rykdom en roem, net 'n skadu teen die muur.
Wat ek is, is net genade,
wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na u waters van rus,
lei my, Heer, vandag daarheen.
3. Heer, verlaat my tog nooit weer nie, hou u hand oor heel my weg;
leer my daagliks in u voetspoor te volg, ek begeer te wees u kneg.
Voor U kniel ek nou, o Here,
vul my met u Heil'ge Gees,
tot ek eens by U in heerlikheid woon, lei my, Heer, tot voor u troon.