(A/Bb)

1. My harde wil is eindelik gebroke, Heer, U alleen wil ek nou dien; dis my gebed hier uitgesproke, Heer, laat u wil in my geskied.

Koor
O wil van God, trek my steeds nader,}2x tot ek myself verloor in U!

2. Vermoeide siel, met sondelas, verlore, duisternis oral waar ek kom;
maar nou sien ek 'n lig reg voor my, ek sien my ster, my son in Hom.

3. U dierbaar wil, o Heiland en Oorwinnaar, omhels my nou, verryk ook my;
my vrede vloei nou onverstoorbaar, my siel is soos 'n voëltjie vry.

4. In U verberg, my Heer, is ek vir ewig, my voete volg net waar U lei;
niks kan my skei ooit van u liefde,
en in u wil sal ek steeds bly.