(A)
1. Kyk na die lelie wat nooit arbei of spin,
sien jy daar is oorvloed in skoonheid te vind; dink aan die swaeltjies wat nooit saai of nooit plant, en tog eet hul heerlik uit die Vader se hand.
Koor
Ons het 'n Vader in die hemel daarbo, met oë vol genade en liefde^in sy hart, Hy wil deel in jou lief en jou leed,
kyk na die lelie en dan sal jy weet.
2. Wil jy ook meer weet van ons Skepper daarbo, die aandster teen die lug hang, die son weer laat skyn; Hy soen elk môre al die blomme met dou,
en Hy's nooit te besig om te luister na jou.
3. Kyk na die diere wat daar huppel en spring, hul word trou versorg en gevoed deur sy hand; selfs al die bome wat met prag is beklee,
Hy sorg en Hy waak ook oor ons wel en ons wee.