(D/C)
1. Soos golwe wat gedurig groei, so sal die ewigheid
oneindig wees en aanhou vloei, dan is daar mos geen tyd.
Laat tyd vir jou nou gunstig wees, sodat jy God kan vind;
laat Jesus jou bewaarder wees,
en jy sy troue kind!
Koor
Maak Jesus jou bewaarder,
die rots om op te bou;
maak Jesus jou bewaarder,
en bly aan Hom getrou.
Nou is die tyd om reg te maak,
'n tyd om God te vind,
jy moet Hom jou bewaarder maak, dan maak Hy jou sy kind!
2. Daar kom 'n dag wanneer die son en maan nie meer sal skyn; wanneer ons Heer en Meester kom en op die wolk' verskyn.
Nou is die tyd om reg te maak,
'n tyd om God te vind,
jy moet Hom jou bewaarder maak, dan maak Hy jou sy kind!
3. Die dae, maande, jare - tyd
is soos 'n oogwink om,
dan die onmeetlik' ewigheid,
waar eng'le sing vir Hom;
en daar waar Jesus, Seun van God, die plek neem van die son,
waar Hy as jou bewaarder skyn en jy daar woon met Hom!